© Legends MX E & OE Terme en Voorwaardes geld.
dis waar JY wil wees- 2019
CULLINAN,   30   km   noordoos   van   Pretoria,   is   die   ideale   kweekaarde   vir diamante.   Dit   is   immers   uit   dié   klipperige   moederskoot   wat   die   wêreld   se grootste   diamant   gehaal   is.   Daarom   is   dit   miskien   ook   geen   wonder   nie dat   ’n   Kalahariseun   van   die   Sishen-omgewing   meer   as   ’n   eeu   later   in dieselfde grond ’n flora-juweel kon opdelf. Japie   van   Staden   is   nie   skaam   om   te   sê   hy   is   die   “enigste”   proteaboer   in Suid-Afrika   wat   ’n   “wit-wit’’-protea,   sy   My   Lady,   kon   oplewer   nie.   “Dié   blom het   die   Here   vir   my   gegee,”   sê   Van   Staden   oor   dié   protea   wat   aan   die buite-   en   binnekant   met   haar   wit   tabberd   spog.   Uniek   en   eie   aan   dié kontrei, soos ’n diamant. Hulle   het   regdeur   die   jaar   proteas   beskikbaar   en   sny   elke   week   enigiets tussen   500   en   5000   blomme.   Dié   blomme   kan   maklik   drie   tot   vier   weke   in ’n   koelkamer   geberg   word.   Volgens   Van   Staden   is   proteas   so   gewild   vir troues   en   gesellighede   omdat   ’n   mens   met   die   verlengde   leeftyd   baie meer   waarde   vir   jou   geld   kry.   “In   die   wintermaande   kan   dit   selfs   vier   tot vyf weke hou.” Tyd   vir   stilstaan   is   daar   nie   op   dié   plaas   nie   en   die   boer   is   reeds   besig met   sy   volgende   projek:   koningsproteas   so   groot   soos   ’n   skinkbord.   “Want ek   glo   nie   regtig   in   ‘normaal-wees’   nie,”   sê   hy.   “Waarom   sal   enigiemand uit vrye wil normaal wil wees?”
Die Proteafees bied aan feesgangers die wonderlike geleentheid om hierdie merkwaardige Protea boer by die fees te ontmoet.  'n Groot verskeidenheid van die Proteas is ook beskikbaar om te koop by die fees terrein. Hierdie pragtige blomme gaan bydra tot 'n onvergeetlike ervaring wat die Proteafees aan feesgangers bied. Maak seker jy loop dit nie mis nie!

Protea’s

26/4/2019 - 28/4/2019
@ Legends MX E & OE Termes en voorwaardes geld.
dis waar JY wil wees - 2019